‘n Plattelander trek stad toe en word vir die eerste keer met die ware realiteite van die nuwe Suid-Afrika gekonfronteer. Sommige is ontnugterend en ander maak ‘n heel nuwe liefde vir sy land en mense in hom wakker. Hy moet egter heelwat van sy kinderdrome herevalueer...
Geraamtes Van 'n Droom: Die Show maak op Woensdag, 27 Oktober om 20:00 sy debuut by die Centurion Teater, Pretoria. Met liedjies vanaf sy solo album, asook addisionele snitte, vra Christoff Beukes nie net vrae oor die "Nuwe Suid-Afrika" wat dikwels in almal se harte lê nie, maar ook vrae oor alledaagse lewe. Met die uitkyk "Modern Life/Love is War", neem hy ons op 'n tog deur die strate van die siel...
Kaartjies is R80 en is beskikbaar by Christoff Beukes.
Beukeschris@gmail.com
0733066405
http://www.christoffbeukes.co.za/


No comments:
Post a Comment